5 algemene finansiële foute om tydens aftrede te vermy
3 June 2026
Building blocks to a lasting Living Annuity
Our panel of experts discusses living annuities, sustainable drawdown rates, offshore investing, and everything else one might need to consider to ensure a comfortable retirement. Read more
![Building blocks to a lasting Living Annuity [webinar + transcript]](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimages.ctfassets.net%2Fyqvz0zwovkbq%2F4dZzwtwSkZ19hmRrVa6Zyb%2F770741ecc4b2ae3deda48fa06da42718%2FWebinar_recording_cover_1920X1080.webp&w=828&q=75)
Wat is die mees algemene areas wat aftreefinansies negatief beïnvloed? Andre Tuck, 'n senior aftreekonsultant by 10X Investments, het al met duisende mense oor hul aftreeplanne gesels. Hy deel vyf foute wat jy moet vermy.
Fout 1: Die verkeerde pensioenproduk kies
Wanneer jy aftree, is jy wetlik verplig om minstens twee-derdes van jou aftreespaargeld te gebruik om 'n annuïteit te koop wat aan jou 'n inkomste in jou aftrede sal uitbetaal, oftewel 'n pensioen.
Jy kan kies tussen twee soorte annuïteite: 'n gewaarborgde annuïteit (ook bekend as 'n lewensannuïteit), of 'n lewende annuïteit. Hoewel die name soortgelyk klink, is hulle fundamenteel baie verskillend.
Met 'n lewensannuïteit waarborg die versekeraar vir jou 'n gespesifiseerde maandelikse pensioenbedrag vir die res van jou lewe. 'n Lewensannuïteit verseker jou teen langlewendheidsrisiko (die risiko dat jy langer leef as jou spaargeld) sowel as beleggingsrisiko (dat jou kapitaal weens onvoldoende beleggingsopbrengste te vinnig uitgeput word). Dit klink wonderlik, nie waar nie? Maar dit is nie noodwendig vir jou die beste nie.
The uncomfortable truth about retirement in South Africa - Rands and Sense by 10X [video]
We sit down with 10X Investment Consultant lead Andre Tuck and discuss the retirement savings crisis in South Africa. We also delve into living annuities, retirement annuities, TFSAs and everything in between. Read more
![The uncomfortable truth about retirement in South Africa - Rands and Sense by 10X [video]](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimages.ctfassets.net%2Fyqvz0zwovkbq%2F5ipSTnRq5Dp25fyghm5kGQ%2F02c801c78d5e1ca9280bfd34d7602368%2FAndre_Tuck_podcast_cover_image__1_.webp&w=828&q=75)
Met 'n lewensannuïteit het jy geen beheer oor hoe jou geld belê word nie. Jy kan ook nie jou maandelikse inkomste verhoog of verminder wanneer jou omstandighede verander nie. Verder sterf jou polis saam met jou, wat beteken dat geen geld aan jou erfgename oorgedra word nie. Met ander woorde, 'n lewensannuïteit verpersoonlik die konsep van "lewe op 'n vaste inkomste".
In kontras dra 'n lewende annuïteit die risiko en verantwoordelikheid om 'n voldoende inkomste vir die res van jou lewe te verseker aan jou oor. In ruil daarvoor het jy groter buigsaamheid oor jou beleggings en inkomste, en ná jou dood erf jou erfgename, benewens jou boedel, ook wat ook al oorbly van jou kapitaal.
'n Lewende annuïteit vereis meer aktiewe betrokkenheid van jou kant, maar laat jou toe om jou maandelikse inkomste aan te pas soos nodig.
Om tussen 'n lewende en 'n lewensannuïteit te kies wanneer jy aftree, vereis 'n noukeurige evaluering van jou persoonlike behoeftes en omstandighede. Dit is 'n kritieke besluit wat implikasies het vir jou inkomste, belasting, boedelbeplanning en risiko. Oorweeg jou opsies deeglik voordat jy jouself tot een verbind.
Moenie dat die wiskunde jou afskrik nie. Jy kan 10X se aanlyn sakrekenaar vir 'n lewende annuïteit gebruik om jou opsies beter te verstaan.
Plan for a comfortable retirement with our
Living Annuity calculatorFout 2: Jou uitgawes onderskat
Jou finansiële situasie sal waarskynlik tydens aftrede verander. Dit is baie belangrik om jou begroting gereeld op datum te bring sodat jy met selfvertroue op skielike uitgawes of geleenthede kan reageer. 'n Vae plan gebaseer op die aanname dat jy "minder geld in aftrede sal bestee" is eenvoudig nie goed genoeg nie.
Jy het 'n aftreeplan nodig – en die begroting wat die aannames daarvan ondersteun - wat werkbaar, realisties en op datum is. 'n Raaiskoot sal nie veel help nie; jy moet in die besonderhede in delf.
Dit is waar dat jou werkreisuitgawes of verbandterugbetalings waarskynlik sal verdwyn wanneer jy aftree. Jou uitgawes sal egter waarskynlik in ander gebiede toeneem, soos gesondheidsorg, stokperdjies en ontspanning. Onthou om beleggingsfooie as 'n reëlitem in te sluit (meer hieroor later).
Skep 'n gedetailleerde en realistiese begroting sodat jy jou geld bestuur, eerder as wat jou geld vir jou bestuur. Oorweeg dit om as 'n reël 'n 10%- gebeurliksheidsbedrag by te voeg, sodat jou begroting 'n mate van speelruimte het in geval van skielike veranderinge (soos die onverwagte brandstofkoste-verhogings wat ons tans ervaar).
The 4% retirement rule isn't dead (but your investment fees might kill it)
4% has historically been a good rule of thumb when it comes to income drawn down from retirement investments such as a living annuity. But is it still relevant, and when might it be too much? Read more

Fout 3: Te veel onttrek
As jy 'n lewende annuïteit eerder as 'n lewensannuïteit gekies het, het jy 'n mate van beheer oor jou geld in aftrede en kan jy 'n erfenis nalaat. Daardie buigsaamheid kom egter met die verantwoordelikheid om 'n volhoubare onttrekkingskoers (hoeveel jy elke maand as inkomste ontvang) te bereken om te verseker dat jy nie jou spaargeld oorleef nie.
Jy moet kyk na hoe lank jou spaargeld jou moet onderhou, wat jou bates is (jou bate-mengsel), en die fooie wat jy betaal om 'n wyse besluit oor jou onttrekkingskoers te neem.
Die reël van 4% is 'n algemene benadering wat sê as jy 4% van jou aftreespaargeld in jou eerste jaar onttrek en daardie bedrag elke jaar daarna vir inflasie aanpas, jou geld 30 jaar of langer behoort te hou. Dit is nie net 'n getal wat uit die lug gegryp is nie - dit kom uit navorsing in 1994 deur die finansiële adviseur William Bengen, wat dekades se markdata ontleed het om 'n onttrekkingskoers te vind wat selfs die ergste marktoestande kan oorleef.
Daar is egter ander maniere om te besluit hoeveel van jou spaargeld jy elke maand moet onttrek. Dit is belangrik om jou navorsing te doen. Finansiële beplanningsinstrumente, soos 10X se aanlyn sakrekenaars, kan jou help om jou optimale volhoubare onttrekkingskoers te vind, gebaseer op jou geskatte lewensverwagting en ander maatstawwe.
Bevestig die besonderhede met jou fondsverskaffer, of praat met 'n 10X-konsultant (gratis en geen verpligtinge) oor die benadering wat die beste vir jou is.
Fout 4: Verkoop wanneer die mark laag is
Dit is bewys dat belegging in groeibates soos aandele jou die beste kans gee om jou geld te laat groei. Onvermydelike periodes van markwisselvalligheid mag egter jou senuwees toets. Jy wil dalk jou bate-mengsel verander wanneer jy 'n skielike skerp daling in die waarde van jou portefeulje sien. As jy jou emosies toelaat om oor te neem wanneer die mark laag is, sal jy waarskynlik verliese ly en die kapitaal uitput waaruit jy 'n inkomste trek.
Volgens globale lewensverwagtingsyfers (soos gerapporteer deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in 2020), leef mense wat op 60 aftree, waarskynlik nog 15 jaar of langer. Dit beteken hulle het tyd om deur periodes van markverswakking te wag en enige verliese te herstel – maar slegs as hulle nie verkoop het toe die mark laag was nie.
Die belangrikste ding is om jou oë op jou langtermynhorison te hou en nie op korttermynmarkgebeure te reageer nie.
Fout 5: Hoë fooie betaal
Min afgetredenes besef dat die fooie op hul lewende annuïteit waarskynlik hul enkele grootste uitgawe is. Weet jy presies wat jy aan fooie verloor?
Om die koste van hoë fooie te illustreer, sê maar jy onttrek 5% van 'n R4,8 miljoen-pensioenfonds. Jy sal 'n inkomste voor belasting van R240 000 per jaar, of R20 000 per maand, ontvang.
As jy die bedryf se gemiddelde fooi van amper 3% per jaar betaal (gewoonlik saamgestel uit advies-, administrasie- en beleggingsbestuursfooie), sal jy sowat R144 000 per jaar (R12 000 per maand) aan fooie betaal. Dit beteken jy betaal jouself slegs twee-derdes meer as jou diensverskaffers. Jy bestee amper 40% van jou inkomste aan fooie!
As jy jou werklike koste wil nagaan, gebruik die 10X Lewende annuïteit aanlyn sakrekenaar om die jaarlikse koste uit te werk. En as jy onseker is oor die fooie wat jy betaal, kry 'n gratis, verpligtinglose koste-vergelyking by een van ons konsultante.
Related articles
How can we 10X Your Future?
Begin your journey to a secure future with 10X Investments. Explore our range of retirement products designed to help you grow your wealth and achieve financial success.



