after-retirement

Waarom selfs slim mense soms swak besluite oor hul aftrede neem

11 June 2026

Zero fees
Sign up or start switching in June and pay no fees for the first 6 months!

Learn more

Building blocks to a lasting Living Annuity

Our panel of experts discusses living annuities, sustainable drawdown rates, offshore investing, and everything else one might need to consider to ensure a comfortable retirement. Read more

Building blocks to a lasting Living Annuity [webinar + transcript]

Dr. Sarah Mbeki is alles wat jy van ’n suksesvolle professionele persoon op die randjie van aftrede verwag. Sy was ’n spesialis-chirurg, het ’n span van 20 mense bestuur en daagliks lewe-en-dood-besluite by die hospitaal geneem waar sy gewerk het. Maar toe dit by haar eie aftreebeplanning kom, het sy byna elke fout in die boek gemaak.

Sy het haar finansiële adviseur se produkaanbevelings blindelings aanvaar sonder om vrae te vra oor die fondse waarin sy sou belê of hoeveel dit haar uit die sak sou jaag. Omdat dit “veiliger gevoel het”, het sy ’n gewaarborgde annuïteit gekies sonder om die risiko van inflasie behoorlik te verstaan. En nou betaal sy byna 3% per jaar aan koste op beleggings wat aanhoudend in die mark onderpresteer.

Sarah is beslis nie alleen nie. Van die slimste en mees suksesvolle mense neem verrassend swak besluite wanneer dit by aftreebeplanning kom.

Die groot vraag is: Hoekom?

Hier is ’n paar van die vernaamste redes: 

Mense maak eenvoudige besluite te ingewikkeld

Net omdat aftreebeplanning groot bedrae geld behels, beteken dit nie dit hoef ingewikkeld te wees nie. Trouens, die beste aftreestrategieë is dikwels die eenvoudigste.

Mense besef nie adviesfooie is net die begin nie

Fooie verskil natuurlik, maar kom ons sê jou adviseur se adviesfooi is ongeveer 1%. Dit klink heel redelik. Maar onthou, dit is nog vóór beleggingsbestuursfooie (dikwels sowat 1,5%), administrasiefooie (dalk nog 0,25%) en verskeie ander kostes bygereken word. Voor jy jou oë uitvee, betaal jy dalk nagenoeg 3% per jaar in totale fooie. 

En daar is nóg iets: baie adviseurs verdien hoër kommissies op sekere produkte. Wat dus goed is vir jou adviseur se sak, is nie noodwendig die beste vir jou aftrede nie.

Drie aftree-besluite wat jy nie kan bekostig om te verbrou nie

Jou lewende annuïteit, die fooie wat jy betaal en jou bateverspreiding bepaal of jou geld lank genoeg kan hou. Verstaan dié drie besluite voor jy aftree. Read more

Drie aftree-besluite wat jy nie kan bekostig om te verbrou nie

Mense onderskat hoe hard hoë fooie oor tyd teen hulle werk

Daardie oënskynlike “klein” jaarlikse fooi van 2,5% tot 3% sny nie net daardie bedrag uit jou opbrengs nie – dit werk oor dekades lank saamgesteld teen jou. Ons het die somme gedoen: ’n verskil van net 0,5% in fooie oor 40 jaar kan beteken jy verloor 21% van jou geld. Dis ’n enorme verskil.

Hoeveel betaal jy nou weer?

Het jy geweet jy kan gratis met ’n aftreespesialis by 10X Investments gesels om die feite oor jou aftreebeleggings te kry? Kontak hulle gerus vandag nog!

Leer dus jou produkopsies beter ken...

Watter besluit het die grootste invloed op hoe suksesvol – of beroerd – jou aftrede gaan wees?

Die keuse tussen ’n lewende en ’n gewaarborgde annuïteit (ook bekend as ’n lewensannuïteit). 

Is gewaarborgde annuïteite regtig veiliger?

Slim mense kies dikwels gewaarborgde annuïteite omdat hulle voel dat dit die “risiko wegneem”. Maar wat eintlik gebeur, is dat hulle markrisiko vir inflasierisiko verruil (en terselfdertyd is hul kinders boonop ’n erfporsie kwyt).

’n Vaste inkomste waarop jy vandag lekker lewe, kan oor 20 jaar hopeloos te min wees namate inflasie bietjie vir bietjie die koopkrag daarvan uithol. 

Is lewende annuïteite nie bloot net meer buigsaam nie?

Aan die ander kant onderskat mense wat lewende kies dikwels hoeveel dissipline dit verg. Hulle hou van die buigsaamheid, die groeipotensiaal en die moontlikheid om iets aan hul kinders na te laat, maar hou nie altyd by volhoubare onttrekkingskoerse nie of kies andersins die verkeerde beleggings.

Plan for a comfortable retirement with our

Living Annuity calculator

Verstaan jou fooie ...

Vir baie afgetredenes is die fooie op ’n lewende annuïteit hul grootste enkele uitgawe – soms selfs meer as hul mediese kostes. Tog het baie van hierdie intelligente mense wat ander groot uitgawes met ’n vergrootglas fynkam, dikwels geen idee wat hulle op beleggingsfooie verloor nie.

Byvoorbeeld: ’n Afgetrede bestuursbeampte met R6 miljoen se aftreespaargeld onttrek 4% per jaar – dus R240 000. As hy 2,5% aan fooie bestee, beteken dit ’n hele R150 000 per jaar, oftewel R12 500 per maand, gaan net so aan diensverskaffers.

Hy betaal hierdie diensverskaffers meer as wat die meeste Suid-Afrikaners per maand verdien!

Higher fees very likely means lower returns (and here's the maths to prove it)

Paying high fees on your retirement investments (such as a retirement annuity or a living annuity) almost always means less money in your pocket, and less money for your retirement. Read more

Higher fees very likely means lower returns (and here's the maths to prove it)

Moenie alles glo wat die beleggingsbedryf aan jou probeer verkoop nie

Baie mense swig voor ingewikkelde beleggingstrategieë omdat hulle aanvaar dat komplekse probleme ingewikkelde oplossings regverdig. Daarom trap hulle dikwels in die strik van eksotiese aktiewe fondsbestuur en oorgekompliseerde batetoewysings.

Hulle betaal buitensporige fooie aan fondsbestuurders wat beweer hulle kan die mark klop, al is daar oorweldigende bewyse dat aktiewe bestuurders oor die lang termyn dikwels swakker vaar as laekoste-indeksfondse. 

In plaas van eenvoudige, goed gediversifiseerde portefeuljes, skep hulle ingewikkelde strukture en veelvuldige oorvleuelende fondse – en betaal meer sonder om werklik die vrugte daarvan te pluk.

Het jy geweet dat die 10X Your Future Fund ontwerp is om kostedoeltreffende blootstelling aan ’n wye reeks plaaslike en internasionale bateklasse te gee, met die doel om oor die lang termyn beter as maatstawwe en soortgelyke fondse te presteer?

Wat betaal ek werklik in fooie?

Moenie tevrede wees met vae antwoorde nie. Dring aan op ’n spesifieke effektiewe jaarlikse koste-syfer (EAC) wat ál die fooie, heffings en uitgawes insluit.

Hoe vergelyk hierdie fonds se netto prestasie met ander opsies?

Hoe het die fonds ná alle fooie gevaar in vergelyking met laekoste-indeksfondse?

Wat gebeur as ek 95 haal?

Sal jou aftree-inkomsteplan steeds werk as jy 10 tot 15 jaar langer leef as wat jy verwag het?

Wys my die somme oor volhoubare onttrekkings

Hoe lank gaan jou geld hou teen verskillende onttrekkingskoerse, fooie en inflasievlakke? En wat gebeur as die mark nie so goed presteer as wat jy verwag het nie?

Eenvoudige oplossings vir slim mense

Miskien is die beste aftreestrategie eenvoudiger as wat jy dink:

  • Hou jou fooie onder 1% per jaar met laekoste-indeksfondse.
  • Behou blootstelling aan groeibates regdeur jou aftrede met ’n aandele-toewysing.
  • Hou jou jaarlikse onttrekkings rondom 4%, insluitend fooie.
  • Fokus op langtermyn-konsekwentheid eerder as korttermyn-prestasie.

Die aftrede wat jy verdien, is dalk baie meer bereikbaar as wat jy besef.

Share this article:
Disclaimer
Join 50,000+ smart investors
Subscribe to the Rands & Sense newsletter
Get valuable investment insights as well as access to webinars and podcasts on tax, retirement, and strategies to grow your wealth.

(it's free)

How can we 10X Your Future?

Begin your journey to a secure future with 10X Investments. Explore our range of retirement products designed to help you grow your wealth and achieve financial success.